Tog na Triomf

Josua was meer as ‘n oorwinnaar toe hy op God se bevel die klipmure van die magtige Jerigo met ‘n “weermag van klank” oorkom. Daniel vertrou nie op sy eie krag nie maar op God. Jesus het die dood oorwin sodat ons kan lééf! Radiokansel en Kaapse Kansel VERTROU saam met jou op DIE HERE vir oorwinning in ons Tog na Triomf…

Gewapen met lof in ons Tog na Triomf, jubel ons saam met dié wat oorwin, doen verslag oor luisteraars se geloofspad en vat hande met dié wat nederlaag in die gesig staar. Ons Luister vir Langer programskedule bied relevante inhoud wat aanmoedig en bemagtig. Ons reik uit in tye van nood, juig in tye van oorwinning en stap die pad saam met jou.

Stuur jou getuienis of versoek aan gospel@radiokansel.co.za of gesels met ons op Facebook. Ons is hier vir jou.

pdf

Comments are closed.